Luané Engelbrecht
Hoërskool Linden



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok, gemaak deur VNG Designs is werklik n droom wat waar geword het. Elke sekond wat ek die rok aan gehad het het ek soos n prinses gevoel. Die kleur van my rok is roos goud en die hele rok is bedek met pereltjies en kraaltjies. Die rok was veronderstel om n 1 stuk te wees maar om dit meer “ek” te maak het ons besluit om dit n 2 stuk te maak. Ek wou uitstaan, uniek lyk en natuurlik n bietjie been wys op my matriekafskeid en daarom het ek besluit om n broekie onder my deursigtige romp vas te laat werk inplaas daarvan om lining in te sit.