Lu-Mari Fourie
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
‘n Rok wat my soos ‘n handskoen gepas het, maar terselfdertyd ook baie gemaklik was.
‘n Een skouer Emerald-groen rok, wat my figuur beklemtoon het, met effense “uitskop/flare” na onder om my lengte te gee, asook ‘n effense sleep. Interessante deursigtige vleeskleurige insetsel voor wat ook die illusie van lengte kon gee met ‘n lae rug. Die boonste materiaal is regdeur vol fyn kristal en glas kralewerk wat tekstuur gee met onderste laag rekbare materiaal wat Emerald-groen is vir gemak. Emerald groen Swarovski kristalle voor en agter op die deursigtige vleeskleurige deel van my rok, asook hier en daar op die voorkant van my rok, wat een vir een met die hand opgeplak is, wat my rok die finale afwerking, detail en uniekheid gegegee het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om te bewys dat ‘n kort meisie wat nie ‘n tipiese model-figuur het nie, ook, stylvol en elegant kan lyk.
Ek het die voorreg gehad om my gedagtes en idees te kon deel met ‘n ontwerper ene Werner Dey, waarna hy ook sy insette gelewer het. Ek het nie geweet hoe my rok presies moet lyk nie, maar ek het geweet wat ek nie wou hê nie en wat ek wel wil hê. Ek wou nie ‘n wye rok met frille en valle gehad het nie a.g.v my lengte. Ek wou wel ‘n eenskouer rok, insetsel voor en lae rug gehad het.
Na ons eerste besoek en konsultasie met Werner Dey se ontwerper, Kalib, het hy my idees tesame met sy insette, in die vorm van ‘n skets vir my gestuur. Ek het dadelik geweet dit is wat ek wil hê. My “journey” met hom en sy span het begin en met die volgende 3 afsprake wat gevolg het, het hy gesorg vir my prentjie-mooi en droom matriekafskeidrok, wat my stralende sonskyn persoonlikheid behoorlik laat skyn het met elke afspraak, asook op my groot dag! Kalib het selfs met my laaste afspraak met my gedans, sodat ek seker kon wees dat ek nie my sleep (wat net van die deurskynende kristal en glas kralewerk materiaal was) sou vastrap terwyl ek dans nie. Omrede die material baie swaar was, was dit baie vloeiend en het dit met elke beweging terwyl ons gedans het net elegant saam beweeg en het dit gesorg vir gemak en perfeksie.
Die Emerald groen kleur het my velkleur en oë beklemtoon. Groen is ook vir my ‘n simbool van groei en lewe. Ek het gegroei en geleef gedurende my hoërskool loopbaan en so sien ek ook uit na die volgende seisoene en fases van my lewe, se groei en lewe… Dus was en is my matriekafskeidrok se kleur, ook ‘n inspirasie vir my toekoms wat voor my lê….
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Defnitief my fyn kristal en glas tekstuur materiaal wat soos wat ek beweeg het en die son- en aandlig op my rok geskyn het, geskitter het, asook die Swarovski kristalle reg rondom my rok se fokuspunte. Die material en Swarovski stene beeld ook my stralende sonskyn persoonlikheid uit.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19