Louraine du Plessis
Hoërskool Pretoria-Noord
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
In die begin van my matriekjaar het ek reeds geweet dat ek in nougesette, emerald green satyn rok my matriekafskeid gaan bywoon. My ma het my aangeraai om 'n paar rokke te gaan pas en dit is toe wat gebeur, totsiens aan my lang gekoesterde idee, hello Scarlet. Met keuses van 6 rokke het die 3de rok met die eerste intrapslag net reg gevoel. Ontwerper is Madeline Gardner in Europa en ingevoer deur Trés Jolie, Moreletta Park. Die sprokie het waar geword, Aspoestertjie voor die 12 uur klok. Die rok het perfek gepas, geen alterasies was nodig, hy was gemaak vir my.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Pretoria-Noord
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die oomblik wat ek die rok aantrek het in die paskamer was dit asof ek geklee word met vroulikheid, elegant en sag. Die gevoel wat ek ervaar het was inderdaad dit wat enige jong meisie moet ervaar. Ek het geweet dat ek met die rok myself kon uitbeeld. Een rok in sy soort, uniek en dit is elkeen van ons, uniek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kon swaai en draai, vir oulaas weer jong dogtertjie oomblikke ervaar want wou ons almal nie maar altyd in die rondte draai met n groot rok en soos n prinses voel. Plus punt van die rok, die moue kon afgehaal word wat 'n groot positief was teen die tyd wat die dansbaan geopen was.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-11