Lizemè van der Walt

Hoerskool Sentraal

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit was n groot droom en voorreg gewees toe sy al haar prentjies en idees met haar ontwerper kon deel en het sy geweet wat sy wou he. Iets eenvoudig…maar STUNNING. Sy wou graag van die begin af n multi kleurige sequin rok dra wat eenskouer is en waarin sy kon dans en sokkie. Sy het ook baie van die cut out detail gehou maar wou dit classy doen. Sy en haar ontwerper (Casper Bosman) het toe koppe bymekaar gesit en hy het na al haar idees geluister en vir haar die amazing rok geteken en sy is mal oor haar rok en die unieke detail en verskillende kleure en patrone van die lap het haar oog gevang. Die rok was soos om n puzzle te bou, en is elke stukkie met sorg gekies en voel sy ekstra spesiaal as sy daarna kyk. Dis haar gunsteling kleure wat in 1 rok vasgevag is. Dit vang absoluut haar persoonlikheid vas want dit is soos sy:
sterk, borrelend, sprankelend en staan sy uit in n groep.
Sy het die mooiste omgee hart en sprankel waar sy gaan. Die rok het haar soos n moderne goue prinses laat voel en soos die rok gebou is oor die laaste paar maande het haar selfvertroue met elke fitting gegroei in die jong selfstandige, stunning jong dame wat die rok met waardigheid gedra het en het sy uit haar skoolrok haar blink nuwe toekoms ingestap.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media