Lize-Mari Van Heerden
Hoërskool Wonderboom



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Vandat ek ń klein dogtertjie was het ek gedroom van die Perfekte rok. Die patroon en kleure het wel baie verander. Die rok wat ek ń prentjie van gesien het, en my hart op verloor het, met ń paar veranderinge wat aangebring is, was en is my Perfekte rok. Vandat ons die materiaal gaan kies het tot die laaste swarkovski met die hand aangewerk is, is die net Perfeksie. Die rok het my klein dogtertjie drome laat verander in ń jong volwasse dame se realiteit. My Perfekte rok het my gepas soos ń handskoen. Gemaak vir my deur "Petro Slabbert". Die kant en kleur het my vel-en haarkleur mooi gekomplimenteer. Dit was elegant, en fyn. Ek wou nie my rok uit trek nie. Dit was ń onvergeetlike oomblik en aand in my lewe.