Lizé de Beer
Hoërskool Eldoraigne
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het ‘n idee gehad van hoe my rok moet lyk, ek het vir die ontwerper ‘n prentjie gewys en Annika het die rok presies ontwerp soos wat ek dit wou hê. Dit is ‘n spesiale dag en mens wil gemaklik voel in wat jy dra, die sagte Moroccan satin en Franse chiffon was perfek vir die onderkant. Ek het ‘n ontwerp gekies wat los en vloeiend vertoon met detail op die bostuk.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Eldoraigne
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het ‘n ontwerp en kleur gekies wat my persoonlikheid weerspieël, sprankelend, lojaal en vol selfvertroue en die kleur pas ook by my donker hare.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gusteling deel van my rok was die boonste gedeelte met die kant en bietjie ‘bling’ wat die rok afgerond het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20