Lize Booysen

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droom rok... Shoe! Waar begin ek? Eerstens, ek is MAL oor pienk! Pienk is my gunstelingkleur. En my rok was beslis pienk-pienker-pienkste! Tweedens, ek geniet dit baie om 'n "broek-pakkie" te dra, 'n elegante uitrusting wat gemaklik is en waarin ek lekker kan dans. Dit is hoe ek met sekerheid kon sê dat my matriekafskeidrok 'n broek-pakkie moet wees met 'n romp wat kan afhaal. Dit stop egter nie hier nie. Ek was in die uiters bevoorregte posisie dat my ma my rok kon maak, EN ons kon saam besluit en idees deel oor hoe ons my droom rok n werklikheid kon maak. Ek en my ma het beide besluit dat my rok "iets anders" moet wees. Ons het baie lank gewik-en-geweeg hoe ons unieke aspekte gaan implementeer. My ma het die idee van "blare" gehad vir die romp gedeelte! Elke blaar uniek en anders. Sommiges blink, ander is helder, verskillende teksture en verskillende skakerings van pienk. Laaste maar definitief nie die minste nie, skitter en blink is sonder twyfel een van die grootste MOET's wat in my rok moes wees, daarom was die pragtige blink strokies wat skuins oor my broek-pakkie loop en meeste van die blink-blare op my romp, die kersie op die koek!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Hoërskool Menlopark

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die ideale matriekafskeidrok was vir my van die begin af: 'n rok wat uniek is, anders is, iets wat niemand anders sal dra of al ooit gesien het nie. Pienk Prinses is natuurlik ook deel van my inspirasie. Ek het nog altyd gedroom van die groot dag as 'n sprokie, en ek die pienk prinses. Die idee van my romp wat kan afhaal kom eintlik van 'n prentjie af wat ek geteken het toe ek klein was oor my droom rok. Die idee van my broek-pakkie kom van my liefde vir dans! Die res van die rok het net in plek geval soos ek en my ma idees oor en weer gedeel het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Elke liewe aspek van my rok was eksie perfeksie. Elke keer as ek na my foto's kyk kry ek weer die warm gevoel van opgewondenheid. Ek voel keer op keer soos 'n prinses. Maar ek kan wel een deel uitwys, dit is die feit dat my romp amper in "slow motion" beweeg het as ek draai en boonop kon ek hom afhaal as ek lekker wou kaalvoetsokkie. Die mengelmoes van blare met verskillende teksture in skakerings van pienk, met silwer hier-en-daar, is werklik ook vir my uitsonderlik. My woorde kan nie ten volle beskryf hoe dankbaar ek is oor my pragtige rok wat 'n poskaart-perfekte-prinses-prentjie vorm nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media