Lizanè Erasmus
Hoërskool Kempton Park
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou n rok gehad het wat by my sagte persoonlikheid pas en my lyf komplimenteer. Ek wou hê my rok moet uitstaan en iets anders wat buite die gewoon wees,daarom het ek die ligte pers kleur gekies wat sag is asook,die corset deel wat styf sit en my lyf komplimenteer wat vloei in die wye onderdeel met die hoë slit en lang sleep agter met my rug wat oop is. Ek het lankal geweet wat ek soek en meer as dit gekry vir my spesiale aand.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou n rok gehad het waarin ek vol selfvertroue kan voel. Vroeg in my Hoërskool loopbaan het ek n prentjie gesien en geweet my rok moet so lyk en my rok was nog mooier as waaroor ek gedroom het danksy Lizan Zondagh Couture. Ek wou hê my rok moes by my persoonlikheid en lyf tipe pas! My rok moes uniek wees en hy was beslis.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die glinsterende en pêrel borduurwerk regoor my rok asook die boonste korset top en die hoë slit straal n gevoel van elegansie uit! Alles van my rok was perfek
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21