My rok is ontwerp deur 'n modeontwerper in Qatar met die naam Bianca. Nera. Vanaf 'n oop skouer rok met 'n korset top bedek deur steuntjies wat gouerig skyn na 'n plein maar elegant onderkant met 'n lang sleep en 'n slit wat met dieselfde net material gevul is as die top. Elke deel van hierdie rok is my gunsteling!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Hoër Seunskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd geweet ek wil 'n swart rok hê omdat dit my komplimenteer. Hierdie swart rok spesifiek het my naam op gehad met die unieke slit wat bedek is met die net materiaal. My ouma was MAL oor enige ding wat blink en ons het al baie bespreek hoe baie blink my rok gaan op hê en nooit het ek gedink ek sal 'n rok kies wat blink. Maar nou ja my ouma het 'n groter impak op my besluite gehad as wat ek gedink het. Ek weet sy sou vrek oor my rok en haar drome het waar geword saam myne.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die slit wat blink. Dit was iets uit 'n ander wêreld as daai rok so skitter terwyl mens loop.