Lisa Karli Olivier

Leeuwenhof Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n rok gekies wat 'n balans tussen elegansie en tydlose styl weerspieël. Die ontwerp van die romp bestaan uit 'n ligte, sagte, vloeiende materiaal wat oor 'n neutrale voering geplaas is om perfek by my liggaamvorm te pas met 'n dromerige, nie-oordadige sleep. Die korset is versier met dieselfde materiaal, fyn gedrapeer en met die hand afgewerk om pragtige detail te skep waarna ek nie kon ophou staar nie. Die rok het ’n hoë spleet met spesiaal-gemaakde shorts daaronder wat verseker het dat ek heeltyd gemaklik en selfversekerd voel. Ek het van die begin af geweet dat Silver Swallow die ideale vennoot sou wees om hierdie visie tot lewe te bring, en die resultate is alles wat ek kon droom – verfynd, uniek, en presies soos ek wou hê my rok moes voel op hierdie spesiale aand.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Leeuwenhof Akademie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok het ontstaan uit 'n begeerte om iets te dra wat my persoonlikheid vasvang, ongekompliseerd maar met diepte as jy nader kyk– iets wat net soos 'n wasem voel en waarmee ek kon "sweef". Ek wou hê die rok moet stylvol en ouderdomsgepas wees, met 'n subtiele elegansie. Jana het dadelik my prentjie verstaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was beslis die rug met die pragtige kruis-en-dwars drapering. Ek het nie verwag dat dit so 'n aandagtrekker sou wees nie, maar dit het regtig ’n indruk gemaak sonder om te veel te wys. Die rug het die hele ontwerp afgerond en die perfekte balans geskep tussen 'n klassieke en moderne styl.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media