Lisa Barnhoorn
Oranje Meisieskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok was die perfekte wye uitklok ruby rooi rok waarvan ek nog altyd gedroom het. Die nou passende bostuk wat effens deursigtig was is gemaak van egte kant wat die rok beslis geklomplimenteer het deur net genoeg “detail” te verleen. Die rug was effens oop met lint wat ingeryg is om die rok af te rond. Die moue was los rekmoue so die rok kan met of sonder moue gedra word. My rok was volgens my beide modern maar ook tydloos met die perfekte lengte, kleur, styl en belangrikste dit was gemaklik wat my aand net nog lekkerder gemaak het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Oranje Meisieskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou nog altyd ‘n elegante, tydlose rok met sagte vloeiende materiaal hê. Iets eenvoudig maar ook stylvol sonder te veel “detail” en “bling” wat ook perfek by my persoonlikheid pas omdat ek van mooi maar eenvoudige klein dingetjies in die lewe hou. Ek het op Pinterest ‘n soortgelyke rok gesien en net geweet dis presies wat ek wil hê.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is die middel wat uitgevoer is met kant. Dit vorm so klein deeltjie van die rok, maar gee beslis persoonlikheid en elegansie aan die rok wat my spesiaal laat voel het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19