Linné Hurter

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n rok op Instagram gesien wat ek baie graag wou dra, maar toe ek uiteindelik uivind waar ek dit kan kry was die rok reeds uitverhuur. Ek was baie bekommerd en teleurgesteld, maar die ontwerper het my gerus gestel en my gewaarborg dat daar gou weer nuwe rokke gaan inkom. Na 'n paar weke het ek terug gegaan en hul het heirdie rok vir my uitgehou om aan te pas. Ek het dit aangetrek en heeltemal vergeet van die rok wat ek eerste wou dra.
Die kleur van die rok, die materiaal en die snit was so elegant. Die rok het perfek gesit en ek het so gemaklik gevoel. Ek het dadelik geweet dit is die rok en dat "rosegold" hakke en juwele perefek daarby sal gaan.
Ek is nie een oomblik spyt dat ek die rok gekry het nie en ek is net dankbaar dat alles goed uitgewerk het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media