Lindsay Mc Manus
Hoërskool Hartbeespoort
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het iets gesoek wat my persoonlikheid uitbeeld. Ek kan pligsgetrou en formeel wees, maar terselfdetyd speels. My rok se romp wat effens wyd en deursigtig is gee ń speelse gevoel, maar terselfdetyd is my rok elegant en formeel. Die kleur van my rok het my oë beklemtoon. My rok het my soos die beste weergawe van myself laat voel!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Hartbeespoort
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Na baie navorsing op sosiale media het ek geweet dat ek ń groen rok wou hê. Die dag toe ek rokke gaan aanpas het, het ek geweet dié is die een! Die rok is formeel, stylvol en modieus, maar met ń speelse effek. Die rok het my soos ń elegante jong dame laat voel en dit het my aan my ma herinner toe sy jonger was. Altyd formeel,elegant, en stylvol, maar ook speels wanneer dit nodig is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die gedetailleerde kralewerk op die materiaal en die romp wat effens deursigtig is en die speelse effek gee maar steeds gesofistikeerd, formeel en modieus lyk. My rok se kleur was ook een van my hoogtepunte van my rok omdat dit my oë beklemtoon het! Elke aspek van my rok was vir my uniek en het my soos die beste weergawe van myself laat voel!
Datum van matriekafskeid?
2024-10-01