Lindria Lategan

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het so baie prentjies en idees gehad. Ek het nie 100% geweet hoe om alles bymekaar te bring nie.

Ek het geweet dat ek gemaklik wou wees en dat my rok my spontane – impulsiewe persoonlikheid moes wys. Daarom het ek op die kort (sjoe-) broekie onder besluit – en 'n baie hoë slit – om die broekie speels te wys.

Die kleur het ek van die begin af geweet moet 'n diep lewendige groen wees, om my liefde vir die natuur ook uit te beeld

Ek het al my idees en prentjies vir Lynmarie Griffioen geneem – sy het 'n skets gemaak en ek was mal daaroor.
Dit was 'n ongelooflike lekker ervaring om saam met Lynmarie en Dominique my rok te beplan, materiaal te kies en my droom rok te sien gebeur. Hulle is ongelooflik!

Dit was sowaar my droom rok – ek het so spesiaal gevoel.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media