Lindill Venter
Volkskool Potchefstroom
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My Rok!
Ek het al van Graad 8 af geweet ek wil 'n wit rok dra maar dit moes net nie soos'n "trou rok" lyk nie en Jose decanha couture het dit reg gekry om my droom waar te maak. Ek het nog altyd'n groot liefde vir perels gehad en daar om is daar perels op my rok geborduur en voeg'n besonderse elegansie by die alghele ontwerp. My rok se materiaal blink wanneer die lig op dit skyn. Wit staan net vir my uit dit is skoon, sag op die oog en die elegansie van my rok gee my net 'n gevoel van volwassenheid en selfvertroue.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Volkskool Potchefstroom 20 September 2024
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my wit, blink perel rok was om iets uniek te he wat my laat uitstaan. Ek wou net nie soos almal anders lyk nie, ek wou 'n rok he wat my persoonlikheid uitbeeld. My hare was soos blomme gemaak en het perels bevat wat pragtig by die rok gepas het wat ook deel van my inspirasie was. Saam het dit'n besonderse prentjie geskep. Toe ek Graad 8 was het ek'n matriek meisie gesien wat 'n pragtige wit rok gedra het. Sy het soos'n prinses gelyk en dit het my ook gesinspireer. Ek wou ook graag soos 'n prinses lyk en voel. Die herinnering van daardie rok het my begeerte versterk om iets besonders te he wat my uniek maak en my menswees uitbeeld. Ek hoop om ander meisies ook te inspireer om hulp drome te volg en hulp eie "prinses" oomblik te beleef.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was defnitief die blink lap en perels. Die blink lap het 'n wonderlike glans gehad wat mooi blink wanneer die lig daarop skyn. Die perels het my rok uniek gemaak. Die perels en blink lap het my wit rok uniek gemaak en my soos'n prinses laat voel.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20