Lilandie Coetzee
Hoërskool De Aar
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is 'n elegante een skouer rok met sequin. Dit is 'n rok met 'n ligte turkoois kleur wat my persoonlikheid reflekteer. Dit het 3 lae aan die onderkant van die rok met 'n hoë lae sirkel vorm, ontwerp deur my tannie. Aan die binnekant van die rok is daar liggies wat helder aan die buitekant van die rok skyn.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het dae lank vir 'n mooi rok gesoek wat by my sal pak, maar het die mooi kleur rok gesien en het dadelik my tannie gevra of sy dit kan maak. My ma het my die idee gegee om liggies aan die onderkant van die rok te sit en was opgewonde met die idee gewees vandat sy dit genoem het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok is die hoë lae sirkel vormigheid van die rok wat dit baie gemaklik maak, asook die liggies wat helder onder die rok skyn.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19