Lichelle Lourens

Hoërskool Wilgerivier

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

'n Sagte "sage" groen rok met handgemaakte wit en groen lint blomme. Die blomme het vir my ook 'n betekenis gehad van groei en skoonheid. My wit moue voeg elegasie en fynheid by die rok. My rok het 'n vloeiende, onspanne silhoeët, wat gemaklik was om in te beweeg en te dans. My ontwerpkeuse het 'n algehele gevoel van speelsheid en elegansie geskep, en ek het soos 'n fee prinses gevoel in 'n sprokies wêreld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Wilgerivier

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

'n Droom dat ek en my ma saam my rok sal ontwerp en maak. Ons dorp het pragtige woudagtige gevoel van rustigheid en die skoonheid van die natuur. Die sage groen kleur en blommotiewe was geinspereer deur die lente, wanneer alles weer tot lewe kom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Natuurlik my moue.... Die moue het sagheid en elegansie by die rok gevoeg. En as ek gedans het, het dit my laat voel asof ek deel is van 'n dromerige, magiese wêreld.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media