Liané Till
HTS Middelburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ‘n ligblou balrok. Die bo-stuk het fyn detail in korset styl. Die bo-stuk se agterkant ryg toe wat ‘n sag en vroulike effek skep. Die romp bestaan uit laag op laag valle met blinkers in die materiaal verweef.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
HTS Middelburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Buiten vir jou trourok is 'n meisie se matriekafskeidrok seker dié rok waaroor jy die meeste droom. Ek het sedert my laerskooldae gedroom oor die perfekte rok vir my spesiale aand. Min het ek geweet dat ek by die heel eerste rokwinkel halsoorkop op 'n ligblou rok verlief sou raak. Ek glo vas jou rok moet iets van jou persoonlikheid weërspieël en ek voel hierdie rok het my Liané-wees goed raakgevat. Bietjie drama, bietjie sag, bietjie dromer met so bietjie "sparkle" daarby as bonus!. Elke meisie moet ten minste eenmaal in haar skoolloopbaan soos 'n prinses voel, en dis presies hoe hierdie rok my laat voel het!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek het gemaklik in my rok gevoel en het soos ‘n regte fëeprinses gevoel elke keer wat ek in die rondte gedraai het. Ek was mal oor die manier waarop my rok in die lig geskitter het en die manier waarop dit my ligte vel gekomplimenteer het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19