Liané Nel
Potchefstroom Gimnasium
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het die styl van my rok gekies, omdat dit my vroulikheid en romantiese kant na vore gebring het. My rok was ontwerp en gemaak deur Esje's dress design in Potchefstroom. Sy is bekend vir die detail wat elke rok uniek maak. Die kleur "Rosegold" het ek gekies, omdat dit my gelaat gekomplimenteer het. My rok was prentjiemooi en baie gemaklik, dit het my soos 'n prinses laat voel en my kleindogtertjie drome bewaarheid.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Gimmies
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het laataande saam my ma rokke gekyk en elke detail van my droomrok beplan. Ek het verskillende kleure rokke aangepas en "rosegold" het dadelik uitgestaan. Ek wou 'n gemaklike en noupassende rok hê wat sagkens uitklok na onder. Die detail agter by my rug het my grootste verwagtinge oortref. Ek is mal oor sport en ek wou hê my rok moes dit laat uitstaan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelingdeel van my rok was die korset met die fynere detail van kralewerk en blommetjies wat elkeen met die hand vasgewerk is. Ek was ook mal oor die ruggedeelte en die plootjies agter. My wens was bewaarheid dat ek gemaklik in my rok kon dans en beweeg.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19