Liané Gouws

Hoërskool Rustenburg

Tuisdorp

Rustenburg

Skool

Hoërskool Rustenburg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok was gekoop op SHEIN.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie agter die rok het begin by Leah se Volmaan musiekvideo, waar sy elegant in n koningsblou rok uitgestaan het. Ek het besluit ek wil my matriekafskeidrok elegant en onvergeetlik hê, net soos die koningsblou rok van Leah wat in my gedagtes gebly het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vir my is my matriekafskeidrok meer as net sagte materiaal onder my vinngerpunte, dit is n refleksie van wie ek is. Iemand wat iets wil naelaat, en my matriekafskeidrok het vir my n herinnering nae gelaat, dat soms is dit die klein dinge wat tel. Die idee dat elke meisie verdien om saak te maak, en dat sy elke dag so moet voel nie net met haar matriekafskeid nie.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Vir my was die hoogtepunt meet as net n part woorde se opsomming. My matriekafskeid het my laat besef dat alhoewel almal se paaie gaan skei, het ons diep wortels in mekaar se harte replant. Vriendskappe wat families geword het, die admirasie in elkeen se oë soos hulle met trots en liefde die aand en lewenshoofstuk afgesluit het. Dan is daar natuurlik die aankoms met krywaes wat my laat besef het om vas te hou aan elke oomblik en die laaste tyd van matriek diep te koester.

Planne vir na matriek

My planne vir na matriek is om te gaan swat. Ek het aansoek vir n graad in regte (LLB) gedoen by die Universiteit van Noordwes (NWU) en het voorlopige keuring ontvang. Na ek my graad voltooi het wil ek my meestersgraad voltooi en spesialiseer in mediese regte.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasmagories

Datum van matriekafskeid

2025-09-23

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media