Liane De Jager



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Alles in my lewe het 'n storie; van die fotoraam teen my kamermuur tot die uniekste stel oorbelle in my juweleboksie. Net so het hierdie spesiale rok ook 'n storie na aan my hart. Ek het tydens die inperking in 2020, ook my graad 10 jaar, elke nou en dan op Pinterest geloer en op hierdie rok idee afgekom. Dadelik het die styl en die mesh met geborduurde blomme my hart gesteel vir die eenvoudige rede dat ek iets wou gehad het wat eg is aan my. Ek het egter aan die oorspronlike rok se idee geskaaf om dit werklik myne te maak. Hierdie rok se styl en sy unieke lap beskryf my persoonlikheid perfek; anders, uniek, nie bang om teen die norm te gaan nie, gedetaileerd en beslis kleurvol.
Hierdie droom-storie-rok is gemaak deur Marnette Design wat presies my droom vir detail, styl en elegansie perfek vasgevang het. Sy het dit reggekry om deur hierdie rok my persoonlikheid uit te beeld en my soos 'n sterk, jong vrou te laat voel wat haar drome kan najaag en passies kan uitleef.