Simone Van Belkum

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het soos meeste ander meisies vir jare gedroom oor my matriekafskeidrok. Wat ek vir seker geweet het is dat ek ‘n tipe van 'n bal/prinsesrok wou dra. In graad 11 het ek van Nadia May se rokke gedra met ons modeparade en ek het dadelik geweet dat sy my rok moet ontwerp!

Alhoewel ek nie seker was watter kleur ek wou dra nie, het ek geweet dat dit 'n nie-tradisionele kleur moet wees. Tydens ons eerste afspraak met Nadia het die kleur van koraal by my opgekom. Koraal simboliseer vir my energie, varsheid en romantiek. In bespreking met Nadia het ek besluit op sagte, pastelkleur blomme saam met die koraal van my rok.
Die agterkant van my rok het blomme gehad wat deurgetrek het na die blomme voor op my rok. Die korset het bygedra tot die romantiese gevoel wat ek graag wou weerspieel in my rok. My rok het verskeie lae materiaal gehad om vloeiendheid en sagtheid aan die rok te verskaf.

My rok was vir my perfek en was nog mooier as waarvan ek gedroom het. Ek het so gemaklik gevoel daarin en voel dat dit my persoonlikheid weerspieël het. My rok, my matriekafskeidrok, my droomrok!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media