Lethabo Mokotedi
Hoërskool Rustenburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Pienk is my gunsteling kleur, nie net enige pienk nie maar ń baba of ń dusty pienk. Daar was ń groot effek van glitter op my onderkantste deel van die rok om dit te laat skitter en blink in die donkerte.
Daar was ń gedeelte van ń korset in my middellyf om my postuur mooi uit te beeld.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is eintlik ń gedeelte van ń trou rok maar om dit meer te laat inpas in my spesiale aand het ek die stert verklein en ń hoë spleet aan my linkerkantste been ingesit. ń Pienk skitterende rok met ń stert is wat ek wou gehad het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die boonste deel wat gemaak is met wit en pienk pêrels,vir my lyk dit soos ń skoenlapper. ń Skoenlapper laat my dink aan vryheid. Die agterkant, wat lyk soos skoenveters gee my rok ń elegante beeld nie net van voor af nie maar sowel as die agterkant.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19