Leischen le Roux

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was n maand voor die matriekafskeid gekoop. Ek het nie verwag om in die eerste winkel in te stap en die perfekte rok te kry nie, maar sodra ek deur al die rokke gekyk het was die rok die enigste een wat my oog dadelik gevang het. Ironies genoeg het ek dit uit n paar opsies eerste aangepas, dit het soos n handskoen gesit en in n oogwink staan ek en my ouers by die betaalpunt. My rok is eenvoudig, tydloos en klassiek. Dit het my aan n 90’s James Bond film laat dink wat my baie elegant laat voel het. Ek kan nie aan n beter rok dink wat by my sou pas nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media