Lee-Mari Maartens

Hoërskool Bultfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het begin met 'n prentjie op die internet. Ek het my idees uitgeruil met Tannie Elizmarie van EL HEATHCOTE en sy het dadelik geweet wat ek wil he. Ons het egter lekker gespeel en verander, die rok het ook glad nie meer gelyk soos my prentjie. Tannie Elizmarie het vir my 'n rok gemaak wat my asem weggeslaan het. Die kleur het ek gekies omdat dit my en my oorlede Oupa se gunsteling kleur is, en ons oë verander wanneer ons dit aantrek. Op so manier kon ek hom saamvat.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bultfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het omtrent 50kg verloor en het nog nooit eers daaraan gedink om iets anders aan te trek as swart en regaf. En ook nie so 'n rok met 'n slit. Ek het besluit om heeltemal iets anders te doen wat ek nog nooit eers oorweeg het nie. Ek wou ook soos 'n prinses lyk en voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok se bostuk wat afloop in die slit. Die krale en borduur het my so uniek laat voel. Die onderdeel van my rok was net so spesiaal, die satyn was so sag. En dan die ongelooflike kleur. As ek nou eerlik moet wees, is die hele rok my gunsteling

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media