Lee-Anne Carstens

Cambrilearn Online Education

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is vir my meer as net ń stukkie materiaal en ń paar knope( alhoewel die brokaat en pêrel knope besonders mooi is vir my).Elke keer as ek na my rok kyk dan sien ek myself as klein dogtertjie sit en rokke ontwerp. Ek sien my pa wat in die kar sit en honderde kilometers ry om elke rok passing by te woon. Ek sien die groot glimlagte op my gesin se gesig toe hulle my die eerste keer in my rok sien. Ek sien myslef huil omdat ek nie sou kon Matriekafskeid toe gaan nie omdat ek homeschooling doen( gelukkig het Jesus steeds omgegee oor ietsie kleins soos Matriekafskeid en my gebede beantwoord). Ek sien Petrus Laubscher van Amazing Designs sit en die hierdie amazing rok van my drome reg voor my oë teken. Dis meer as net ń rok. Dit is ń weerspieëling van my persoonlikheid, dis ek in stukkie materiaal en ń paar knope.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media