Lee-Ann van Deventer



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Na ń soektog en aanpas van baie rokke, het geen kleur of styl my aandag getrek nie. Ek het min of meer ń kleur en styl in gedagte gehad, maar was te moeilik om te vind. Die rokke was óf te wyd óf die kleur het nie gepas nie. Ek het toe besluit om een van ons familie vriende, Landi Smith, te vra of sy my die eer sal doen om my rok te maak. Sy't geen patroon gehad om mee te werk nie en die prentjie van my rok was in my gedagtes. Sy het na my idees geluister en ingestem, alhoewel sy nie ń modeontwerpster is nie. Twee dae voor die Matriekafskeid was my droomrok klaar, sy het al my verwagtinge oortref. Saam met my juwele en my skoene het ek baie stylvol en elegant gelyk. Die rok het my liggaamsbou, sowel as my persoonlikheid gekomplementeer. Ek het ongelooflik pragtig gevoel!!!
Fotograaf: Janine Pretorius van Zoom Pro Photo