Leani van Lill

Hoërskool Bredasdorp

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van jongs af, wou ek nog altyd 'n geel rok gehad het. Die giggel-geel-geluk tipe geel waarvan my ma altyd praat. Matriekafskeid was nog altyd vir my 'n spesiale geleentheid waarna ek lank uitgesien het. Dit was vir my belangrik om 'n rok te dra wat by my persoonlikheid pas en uitstaan op sy eie manier. 'n Rok wat veral gemaklik sit om lekker te kan sokkie en ons plaaslike wind te kan weerstaan.
Petri van der Merwe het my droomrok ontwerp en gemaak. Die rok en die aand was beslis een wat ek nooit sal vergeet nie en vir altyd sal koester.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media