Leani van den Heever
Duo Edu
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek was vasberade om ‘n rok te dra wat my persoonlikheid uitbeeld - speels, dramaties en stylvol. Dit het ‘n dagreis te perd geneem na Midrand op ‘n warm somersmiddag in Desember om hierdie naald in die hooimied op te spoor. Ek het ‘n balrok gekies want ek dit is vir my lekker om my dansdae te herbeleef met ‘n rok wat swaai en draai. Die kleur het my soos ‘n handskoen gepas en die kralewerk was net genoeg om my elegant te laat voel!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Duo Edu
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My Oupa se koningsblou 1971 Thunderbird het my blou matriekafskeid-rok geïnspireer. Vandat ek 2 jaar oud is het ek kosbare herinneringe opgebou in hierdie klassieke motor. Vanselfsprekend was dit die voertuig van keuse vir my spesiale aand en natuurlik moes die rok by die motor aanpas! Ek het soos ‘n ware prinses gevoel in die blou kar met my blou rok. Dit was voorwaar ‘n voorreg dat my oupa my kon neem.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bypassende kleur van my rok by die motor was vir my baie spesiaal. My gunsteling oomblikke was die swierige draaie wat ek kon uitvoer terwyl ons foto’s geneem het en op die dansvloer. Ek was kinderlik opgewonde om hierdie rok te dra en dit hang steeds agter my kamerdeur waar ek dit elke dag kan sien en ‘n stukkie kan onthou van my besondere matriekafskeid.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04