Leanel Erasmus

Sasolburg Hoërskool (SHS)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In Gr8 het ek reeds die besluit geneem dat my paadjie na my matriekafskeid in ‘n paar vellies gestap sal word…. In Mei het Marius by “Designs by Marius” my droom laat waar word deur gemak, spontaniteit en skoonheid bymekaar te bring.

Met denim, mosterd en ’n tikkie goud het hy die uitrusting gemaak wat my unieke persoonlikheid weerspieël. Om alles bymekaar te bring, het ek die oggend van my matriekafskeid my hare kort gesny. Dis ’n mengsel van almal wat ’n rol in my lewe speel en hoe ek myself die lewe laat ervaar.

‘n Nuwe blaadjie vir die nuwe hoofstuk in my lewe.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media