Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het die ontwerp van my rok gekies, met die sagte pers en fyn blommetjies, omdat ek mal is oor die vroulike ‘look’ wat dit gee. Alle meisies moet voel soos prinsesse op hul matriekafskeid dag en daarom het ek die opgepofde deel van my rok gekies. Die toutjies wat op my rug gevleg word is een van die beste dele van die rok, want dit het baie gemak veroorsaak, ek kon dit lekker styf trek en het nie nodig gehad om bekommerd te wees dat die rok gaan afsak en ek heeltyd die rok gaan moet optrek nie.
Ek het gegaan vir ń ‘magical’ rok ontwerp, en dit het vir seker so uitgedraai.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
My eie ding gedoen, omdat my skool aanlyn is
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het oorspronklik op ń prent van ń soortgelyke rok afgekom op sosiale media. Ek was dadelik verlief op die idee van vroulikheid wat die prent afgegee het - ietsie sag. Ek het toe besef ek wil vir seker vir ietsie sag en vrouliks soos dit gaan en ek het geweet vir almal wat my ken, dis ń rok wat perfek by my persoonlikheid pas.
Ek het wel ook geweet ek wil met my matriekafskeid ietsie sag hê wat my gaan laat voel of ek ń prinses is, omrede ek laas jaar genooi was matriek afskeid toe en was met ń meer stywe, ń meer “dinee” tipe rok.
Ek het iets anders gesoek die jaar, iets wat meer by MY pas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel is die lig pers kleur en die fyn blommetjies wat opgewerk is.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-26