Leane Greyling
Klerksdorp Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Te danke aan my ouers en die mooiste twee mense ,Hendrik en Chantelle Le Roux, wat my rok geskep het kon ek rond draai soos ń prinses en voel soos n "goddes". My rok is n swart toegeruste A-lyn rok wat n dramatiese en vroulike voorkoms bymekaar bring.Vloerlengte onder met trein ,golwende flair detail.Sentrum agter ritssluiting met knope en detail op die skouer of "strukkie strappies " -was my bewoording.Sooswat my rok bymekaar gekom het ,het ek al hoe meer my mengelmoes van pinterest idees bymekaar sien kom en ek die rok van my drome ontvang.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my matriekafskeid rok is n mengelmoes van pinterest idees,jare lank se drome van prinses speel en die bekende
Vampire diaries series .Ongelukkig kon ek nie Damon Salvatore saam vat nie maar ek het defenitief die rok van my drome gehad.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van ny matriekafskeidrok was defenitief die "poofie" en die "glitter".Om rond te kan swaai en te voel asof ek wil vlieg en my rok wat blink deur die hele aand het my heeltyd maak glimlag.Nog een van my gunsteling goed was my familie en vriende se uitdrukkings op hulle gesigte toe hulle my sien ,ek het nog nooit soo spesiaal gevoel nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19