Leané Botha
Pietersburg Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ń sjampanje kleur met duisends steentjies wat sorg vir ń baie tydlose kleur asook ontwerp , ń ingeboude corset met boning wat die rok vorm gee en fyn details soos die perêltjies al langs my zip agter my rok , en ń oop rug wat net ongelooflik lyk . Die rok het strappies wat aangesit en afgehaal word wat dit baie prakties maak . En onder my rok is crinoline om die "hemline" lewendig te maak soos die silhoeët karakter kry in elke draai wat ek maak
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Elke meisie droom al van graad 8 af oor haar matriekafskeidrok . Die kleur , patroon , materiaal , skoene en styl . Pinterest boards word gemaak en gereeld opdateer , maar dis min dat jy jou oorspronklike idee deurvoer . Wie ek is het aansienlik verander tussen graad 8 en matriek . Ek wou die klein dogtertjie binne my gelukkig maak , dit was die belangrikste . Ek wou ń elegante , tydlose en tog opwindende rok hê , met dele van wie ek is en wie ek streef om te wees .
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kinderlike geluk wat binne my borrel elke keer wanneer ek my rok aantrek . Ek kan nie keer om dit te wys nie , want my glimlag verklap net hoe gelukkig my hart is . Ek voel weer soos ń klein dogtertjie wat uiteindelik in ń sprokies wêreld lewe .
En dan ook die proses om my rok te maak saam met die ontwerper , Carmen White . ń Fitting was my gunsteling deel gewees omdat Carmen altyd gedeel het in my opwinding en gedagdroom het oor hoe ek gaan lyk . Ek sal enige dag ń heildronk op haar en haar God gegewe talent drink .
Datum van matriekafskeid?
2024-09-17