Leandri Swart
Hoerskool Noordheuwel
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die ontwerpkeuse van my rok gaan eerstens om met elegansie en styl die " ou " fase ( skoolgaan jare ) , waarvan ek nou afskeid neem te kombineer met die " nuwe"uitdagende fase ( jong , werkende of student) wat op my wag. Ek wou dus n elegante en stylvolle oudtydse beeld met my pof moue en groot strik op die rug kombineer met n nuwe byderwedse beeld wat deur n baie hoe spleet tot by middel , maar met n bypassende kortbroekie onder die romp uitgebeeld word. Die top en romp wys net genoeg lyf om modern te wees, maar ook nog stylvol te wees.Die elemente wys dat ek waagmoed en selfvertroue het maar tog altyd stylvol, elegant en smaakvol wil wees
Die tweede ontwerpskeuse was om n veelsydige rok te laat maak. Ek kan dit dus oor en oor dra ,maar elke keer n ander beeld skep omdat dit n driestuk is. Ek kan bv. die rooi romp met n ander top dra . Die rok verleen hom daartoe dat ek kan ,meng en pas asook eksperimenteer met ander bypassende stukke.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoerskool Noordheuwel
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vir my is jou matriekafskeidsfunksie die hoogte punt van jou 12 jaar se bou aan mooi herinneringe van jou "ou" lewe van skoolgaan . Dit is egter ook die begin van n "nuwe ", blink toekoms wat vir jou wink. Oud en nuut word dus teenoor mekaar gestel. Dit was dus belangrik vir my om as simboliek die twee elemente in my rok in te bring. Ons funksie was by die sprokies mooi venue Memoire gehou en dit was vir my belangrik om my laaste groot herinnering aan my skooldae in n sprokie mooi herinneringe vir altyd in my geheue weg te bere. Ons tema was "In an Enchanting Forest" en dadelik het Grimm se sprokies prinsesse se beelde in my gedagtes verskyn .
My inspirasie was dus om as simboliek , oudtydse elemente en moderne nuwe elemente in my rok met styl elegansie en met smaak te gebruik. Ek wou ook my laaste skoolfunksie omskep in die maak en onthou van n sprokie mooi skool geleentheid wat ek altyd sal onthou en koester. Dit was vir my belangrik om soos n sprokies prinses te voel en te lyk op die aand. Ek het geweet dat ek voldoen het toe iemand uit die gehoor die opmerking gemaak het " Wow! sy lyk soos Cinderella."
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok was perfek soos dit was en het my stoutste verwagting oortref . Ek kon gemaklik en met styl in die rok rond beweeg . Die rooi kleur het my vel gekomplimenteer en my ook laat uitstaan .
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20