Leandri Koekemoer

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Tannie Annemarie van Smart Guy in Centurion het my rok gemaak. Sy het geweet my droom rok moet stylvol, sag, elegant en gemaklik sit. Ons het saam op die konings blou kleur besluit, en ja my rok was perfek gewees. Ek was so gemaklik in my eie lyf en in my rok en dit is presies hoe ek my matriekafskeid aand wou gehad het vandat ek klein was. As ek die aand oor sou gehad het, sal ek dit alles presies weer so doen.

Albert van Pixelpro het hierdie mooi fotos geneem wat presies wys hoe ek gevoel het, gemaklik en so opgewonde vir die aand.

Maureen van The Beauty Brand by Maureen het my ekstra spesiaal laat voel met my makeup vir die aand.

Dit was een van die lekkerste aande in my skool loopbaan wat ek vir altyd sal koester.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media