Lea Bresler

Hoërskool Dr Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Alhoewel ek met ‘n heeltemal ander idee by Jana ingestap het, was ek dadelik versot op die blomme toe ek hierdie korset vir die eerste keer gesien het. Onmiddelik het ek geweet hierdie is presies wat ek wou hê! Die grootste verassing het egter nog op my gewag. Met die aanpas van die korset kom ons toe agter dat hierdie klaargemaakte korset wat Jana mee “gespeel” het, my soos ‘n handskoen pas en lyk of dit nét vir my gemaak is. Ons het besluit op ‘n ligte pers onderkant met drie lae tule in verskillende skakerings wat die romp baie beweging en lewe gee. Die fyn kraletjies op die blomme laat die bokant bietjie ‘sparkle’ waaroor ek mal is. Enige girl hou mos maar van iets wat blink. Om die bo- en onderkant van die rok in mekaar te laat vloei, is individuele blommetjies uitgeknip en met behulp van die ontwerper se kennersoog op die perfekte plekke aangewerk. Jana van Silver Swallow Design het my wildste verwagting oortref!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, hoërskool Dr Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag iets anders hê as die aandrokke wat ek al voorheen gedra het. Tog wou ek hê dat die rok my persoonlikheid weerspieël. Pers was nog altyd my gunsteling kleur en ek dra graag klere met ‘n blommetjie motief. Dit moes natuurlik ook ‘n hoogtepunt wees om my skoolloopbaan mee af te sluit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok is vir my ‘n absolute “work of art”, maar my gunsteling deel is definitief hoe die blomme onmiddelik jou oog vang. Dit is my gunsteling rok wat ek nog gedra het.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media