Laurike Mynhardt
Klerksdorp Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ontwerp deur Hendrik Le Roux van Le Roux Couture. Ek het op 'n swart en wit tweestuk uitrusting besluit en dit bestaan uit 'n 'n blink swart A-lyn romp met 'n breë band, 'n slit en daar moes net definitief sakke in die romp wees. Die top is 'n wit eenskouer top met pêrels en kristalle.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Klerksdorp Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was om iets anders te doen om uit te staan om elegant te lyk maar om nog steeds gemaklik te voel.
Ek het besluit op 'n tweestuk omdat dit baie veelsydig is en my instaat stel om dit weer ná die matriekafskeid te kan dra deur te "mix & match" en verskeie uitrustings te kan skep. Ek het op die swart en wit kleurskema besluit omdat dit klassiek, stylvol en deftig lyk en amper 'n tipe van "first class" gevoel vir my gee. Ek wou ook baie graag pêrels inkorporeer omdat ek mal is oor pêrels want dit weerspieël reinheid en wysheid en laat die rok elegant en deftig lyk. My rok het my beslis selfversekerd en "classy" laat voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die gunsteling deel van my rok is definitief die sakke in die romp. As 'n rok of 'n broek sakke het is dit verseker 'n wenner in my boeke!☺ En natuurlik die pêrels!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19