Laureanne Geertsema
Hoërskool Waterkloof
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
As klein dogtertjie het ek nogal altyd gedink en droom oor hierdie rok - almal doen mos maar! Die kleur was vanselfsprekend - pienk en/of "vuilpienk". Met êrens 'n bietjie fyn glans en glinster. Die ontwerp - soos 'n sagte, fyn prinses. Ek is 'n dame met min drama of uitspattigheid en wou net beeldskoon mooi voel. Sagte lyne vir my sagte persoonlikheid. Prinses A-lyn om my kleindogtertjie-drome te verwesenlik. Bekostigbaar omdat ek my ouers se begroting respekteer en geweet het ons kon nie na 'n vooraanstaande bekende ontwerper gaan nie. Hierdie rok het daardie kleintyddrome met mening oortref.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Waterkloof
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die idee nog altyd presies so in my kop gehad. In my Gr10-jaar loop my Ma terloops 'n Facebook-blad raak waar meisies hulle rokke adverteer kort na die Matriekafskeid. Daar sprankel my droomrok toe. Die jong dame wou 'n geldjie hê om haar handboeke vir eerstejaar te help koop. Die foto was pragtig, die aankoop kon iemand in nood help, so dit was eintlik 'n uitgemaakte saak: ons het in die kar gespring Johannesburg toe. Op hierdie manier sou ek alles binne perke kon behou, maar steeds soos die prinses in my droom voel! Die rok het egter wel verstellings nodig gehad, en - alhoewel dit nie vir my 'n hartbreek-saak sou wees nie -nie heeltemal wat ek in gedagte gehad het nie. Toe kom 'n engel van 'n ontwerper oor ons pad. Hannelie Burr Dixon (TripleG) het my hart verstaan en toe met baie liefde begin werskaf nadat sy binne-in my kop geloer en my hart verstaan het. Die tannie het ingespring en die halfsirkel syromp en bypassende broekie ontwerp en gemaak met baie deernis en begrip vir my banksake:-). Sy het ook per hand die fyn kant en diamanté bygewerk op die bostuk en hom soos 'n handskoen aan my laat pas sodat ek 100% gemaklik voel het in die rok. Sy het hom letterlik omgetoor in 'n ontwerp wat my wildste drome oortref het!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit was heerlik om net die prinses te kon wees tussen al my mede-koninklikes - almal ook gemaklik, spontaan en geweldig asemrowend. Baie van ons kom van laerskooldae af saam, en die knop-in-my-keel oomblik was beslis toe ons almal een-vir-een kon opdaag sodat almal kan deel in mekaar se vriendskap, mooiwees, en saamwees. Eintlik kan mens nie 'n gunsteling deel uitwys nie, weens die unieke aard van elke foto-oomblik van dié aand. Maar tussen die aankoms, sowel as die kuier met oorgawe op die dansbaan, was 'n wasige droom wat vir ewig vir my vasgelê is.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19