Laura Shepherd

Hoërskool Witteberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou iets hê wat blink, lank, elegant en formeel was, maar baie anders was as die ander pragtige rokke wat my maats die aand sou dra. Ek dink ek het dit met hierdie ontwerp vasgespyker. Ek was baie opgewonde oor my keuse van skoene, die 'sneakers' was gemaklik, funky en baie uniek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Witteberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het geweet dat ek n rok wil dra wat blink (en ek het gedroom om 'sneakers' vir my matriekafskeid te dra voordat ek eers 'n kleur vir my rok gekies het) maar dit was al wat ek geweet het. Ek is mal oor mode-ontwerp, en ek het my inspirasie gekry by n rok wat Sherri Hill, 'n modeontwerper in haar 2020-versameling uitgebring het. Ek het my idee met Suneé Maritz gedeel, en sy het baie van die rok gehou. Sy het my rok gemaak, elkeen van die 1100 spieëltjies van my rok een vir een vasgewerk, en verseker dat ek die aand van my matriekafskeid geblink het! Sy het my aangemoedig om vir die Sarie Matriekafskeid rok kompetiesie in te skryf.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling eienskap van my rok is dat dit n diskobal in die vorm van n rok is (daar was eenduisend-eenhonderd spieëltjies aan my rok) en ek het die hele aand geniet hoe die lig om my skitter en weerkaats van die spieëltjies Ek het ook baie van die een lang mou gehou, omdat die die aand van ons matriekafskeid gesneeu het, en die een lang mou het gesorg dat ek nie te koud kry nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media