Larissa Steyn

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is 'n helder geel met 'n moderne en speelse ontwerp. Dit kombineer die vloeiende elegansie van 'n lang rok met die praktiese en gemaklike styl van 'n korter ontwerp aan die voorkant. Die diep v-nek voeg 'n stylvolle sensualiteit by, terwyl die lang wye romp wat uitwaai beweging en energie skep. Die keuse van die geel kleur herinner my aan vreugde, optimisme en energie wat die vrolike en spontane atmosfeer van die rok verder versterk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, 28 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok was my gunsteling kinderstorie van Disney se Beauty and the Beast. Die ikoniese rok wat Belle dra verteenwoordig haar sagtheid, warmte en innerlike sterkte. Die geel straal warmte en vreugde uit wat die karakter se vriendelikheid en hoop simboliseer, selfs in 'n donker situasie. Hierdie rok het vir my 'n gevoel van tydlose romanse en klassieke skoonheid gegee. Die vloeiende materiaal en elegante snit gee die indruk van opbouendheid en dromerigheid. Hierdie rok het my geïnspireer omdat dit die liefde wat nie gevang kan word nie, moed om jouself te wees en die vreugde van transformasie simboliseer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is definitief die vloeiheid van die materiaal wat dit ideeal maak vir vryheid van beweging, en dít het my spesiaal laat voel hoe die rok om my vou as ek draai.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media