Larisa Gerber



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My definisie van die perfekte matriekafskeidrok het baie verander van die begin van die matriek jaar tot nou. Al waaroor ek verseker was, is dat almal moet snak na hul asems en sê:” Dit is so Larisa!”. Soos meeste matriek meisie was my Biologie periodes gevul met “Pinterest searches“ in plaas van Mitose. Die enigste uitkoms was dat ek nie soos die slanke modelle lyk nie met 3 meter lange bene. Ek beskryf myself as klein botteltjie met groot gif, maar gif met “class”. Ek is n persoon wat glad nie staan vir tierlantyntjies nie, daarom het ek besluit om te gaan met n eenvoudige nek lyn en n oop rug wat asems weg slaan. Die lap keuse was redelik eenvoudig: Ek is vol fiemies en dit was die enigste lap wat my oog gevang het. Ek kan nie genoeg dankie sê aan tannie Janet Le Roux wat my droom rok n realiteit gemaak het nie, wat ure se arbeid in my rok gesit het en elke stukkie kant met haar hand vasgewerk het.