My rok was oranje of laat ek eerder sê naartjie. Die kleur (en natuurlik my rok) kan myns insiens eenvoudig opgesom word met een woord..."WOW"! Dit spreek van opwinding en uitbundigheid (exuberance), maar tog maak die ontwerp van die rok dit stylvol, klassiek en elegant.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is geinspireer deur ‘n bo-stuk wat ek op sosiale media gesien het. Ek het egter die bo-stuk aangepas om by my eie styl te pas. Die bo-stuk is gemaak deur stukke materiaal (chiffon) individueel in "worsies" te draai en aan'n korset, wat uit 12 panele bestaan het, vas te sit. Die rugkant van my rok was 'n elegante "V" en die ritssluiter is versteek met oorgetrekte knopies. Die rompgedeelte van my rok is gemaak van Armani satyn met sy-chiffon bo-oor.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bo-stuk van my rok was ongetwyfeld my gunsteling deel van my rok - dit was 'n enorme taak om die interessante, unieke bo-stuk te maak.