Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
'n Stylvolle "Vintage" Silwer Satyn A-lyn rok met 'n eklektiese sjarme.
Die rok is afgewerk met 'n silwer "fringe" wat die rok beweging gee en die Damask patrone van die kant kontrasteer met die satyn. Hierdie stylvolle is 'n viering van kunstige ontwerp, wat 'n liefde vir mode weerspieël.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Waterkloof
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die rok is geinspireer deur die bekende Gypsy Rose Lee-rok, wat beroemd vertoon is in die 1958-rolprent 'Gypsy'.
Hierdie middel-eeuse mode sowel as die element van beweging was 'n groot inspirasie.
Die idee agter die rok was om 'n lewendige persoonlikheid uit te beeld en ook 'n viering van vroulikheid en selfvertroue te wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Verseker die opvallende "fringe" wat 'n vloeiende silhoeët bied. Dit gee die rok 'n gevoel van beweging wat 'n opwindende visuele effek skep.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19