Lané Grové

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou van die begin af ‘n gemaklike, tog stylvolle en elegante rok gehad het. Ek wou baie graag ‘n stywe bostuk gehad het wat uitvloei in ‘n wye romp. Die rok se moue is gemaak van verskillende lae net wat ‘n mooi ‘statement’ gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het een dag op Pinterest rondgesoek vir idees en skielik dié rok gesien en net geweet dit is die rok wat ek na my matriekafskeid toe wil aantrek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was van die begin af mal oor hoe die rok se moue gelyk het, en saam met my pienk skoene was die prentjie mooi afgerond.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media