Landi Nell
Hoërskool Outeniqua



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het net een vereiste gehad, my rok moes net 'n lae rug gehad het. Ek het na die eerste winkel gegaan en 'n hele paar rokke aangepas maar geweet nie een was vir my nie. Na die tweede buite die dorp en weer n hele paar rokke aangepas, weereens was daar nie een waarin spesiaal gevoel het nie.
Hele paar weke het verby gegaan en nader aan die afskeid was ons by n derde winkel, daar het ek 3 rokke gekies en n week later terug gegaan om finaal besluit. Nadat ek die 3 derde rok aangepas het, het die dame vir my gevra of ek nie net een ander rok wil aan pas nie. Dit was n rok wat sy uitgehou het maar die klient het nie teruggekom om dit te kom haal nie. Ek het dit aangepas en die rok was perfek.