Landelee van Wyk
Hoërskool Kempton Park
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Deur die loop van die jaar het ek gewik en weeg oor hoe my droom matriekafskeidrok moet lyk. Hierdie unieke, vloer-lengte, Emerald groen, oop rug en vlambare rok is definitief die rok van my drome. Die fyn vlamme wat met die hand opgewerk is verskyn uit die agterkant van die rok en verdwyn weer soos dit opbeweeg. Die vlamme aan die bo-kant van die rok skep 'n illusie omdat dit op deursigtige materiaal opgewerk is. Die sleep is versterk aan die onderkant van die rok om die valle meer struktuur te gee en ook 'n vloeibare beweging te skep wanneer ek loop. Die lae rug komplimenteer die vlamme wat vanuit die geboë "v" verskyn en oor my middel na bo beweeg. Die materiaal wat oormekaar vloei om die perfekte slit te vorm is nog 'n deel waar die vlamme verteenwoordig word en na onder verdwyn. Hierdie rok is deur Izelle Otto Couture ontwerp.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My grootste inspirasie was Catriona Gray se Miss Universe rok in 2018. Die vlamme van haar rok het my geïnspireer om dieselfde effek te volg, maar op 'n totale ander en unieke manier. Alhoewel haar rok 'n vurige rooi was het ek besluit om eerder my gunsteling kleur te kies. Izelle het my idees en inspirasie op die eerste afspraak verstaan en 'n rok vir my ontwerp wat my sterk, sprankelende en kalm persoonlikheid die beste beskryf.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was beslis die lae oop rug wat in 'n geboë "v" eindig. Dit het elke gedeelte van my rok bymekaar getrek om 'n fokuspunt te vorm. Die vloeibare valle aan die onderkant was nog 'n uitstaanpunt. Hierdie twee dele van my rok het mekaar gekomplimenteer en het my rok uniek en spesiaal gemaak.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21