Die opgewondenheid asook groot geheimsinnigheid rakende die styl en kleurskema van my mees spesiale rok was deeglik beplan en uitgevoer in samewerking met insette van my ontwerper, Elizmarie, van El Heathcote Designer Wear. Ek wou iets spesiaals volgens my eie smaak en styl laat ontwerp. My keuse was sagtemateriaal skakerings, met ‘n klassieke ontwerp en ‘n kinkel daarby wat ook die koppe sou laat draai. Met ander woorde, iets heel anders rakende die ontwerp en die kleurkeuses en tekstuur van die materiaal. Ek het geensins ag geslaan op die huidige mode tendense(trends) nie. Ek en my ontwerpster het “brain storming” gedoen en die eindresultaat het my grootste verwagtinge oortref en ek het beeldskoon en spesiaal gevoel.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was verseker om die perfekte ontwerp te kies wat my beste bates sou beklemtoon en ek het ook in gedagte gehou watter kleurskema en tekstuur van die materiaal my velkleur die beste sou komplimenteer en laat gloei.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die klassieke silhoeët van die sagte materiaalskakerings wat my beste bates aksensueer het. Die eenskouer frille het pragtig vertoon en my baie spesiaal laat voel.