Lana Mc Kenzie
Hartswater Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek kon nooit op 'n rok besluit nie... alles was al tot vervelens toe gedoen, tot ek die regte rok gesien het! Mamma se eerste woorde was: "Waar gaan ons die materiaal kry? As jy dit wil hê, verf dit self!!!" Dit was n kans wat ek nie kon laat verby gaan nie en toe ek myself weer kom kry, was ek aan die verf...
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja - 2024
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die rok moes uniek wees aan my. As iemand my daarin gesien het moes hulle sê dit is so tipies Lana !!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die hele proses om die rok te verf was vir my baie lekker. Ek geniet dit om kreatief te wees. Dit was vir my 'n manier om te ontspan gedurende die eksamen. Ek het 'n uur geleer en dan 'n halfbuur lank geverf... vir 3 maande lank!!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19