Lana du Toit

DF Malan (Bellville)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die kleur van my rok was vir my belangrik. Ek het nie gaan kyk wat die kleur van die jaar of seisoen is nie. Ek wou 'n appel groen rok hê. Die bokant van die rok is in fyn plootjies bymekaar getrek (ruched) en die bandjies oor my skouers was dun. Die romp gedeelte was van 'n baie sagte net gemaak (tulles) en het verskillende lae in sirkels gehad om volume te gee. Die detail van die rok is als te dankie aan Elizabeth Stockenstrom wat my rok gemaak het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou vir een aand soos 'n prinses voel! Romanties maar ook iets dramaties wat die oog vang. En daardie droom het op my matriekafskeid waar geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die valle! Die sagte net van die valle met die bree rand wat dit geaksentueer het, was perfek. Met elke beweging het die rok grasieus saambeweeg. So asof ek gesweef het. Die kleur van die rok het my groen oë gekomplimenteer, so dit was 'n goeie keuse.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media