Kyla Vermeulen

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie rok het my toegelaat om vir oulaas rond te dans as ‘n karakter in ‘n sprokiesverhaal met die hart van ‘n kind.

Daar sal baie geleenthede in die toekoms wees om stylvol, tydloos en elegant te wees… maar wanneer sal ‘n mens weer die kans kry om jou kleintyd wense, as ‘n prinses in ‘n kasteel, te vervul?

Ek het na die sanger, Koos du Plessis, se raad geluister en die neonboog elke nag oor swart riviere gevolg; met die hulp van Shené van der Vyver se towerwerk, kon ek ‘n brokkie son in die land van blou saffiere vind.

Of ons nou gereed is of nie, die metamorfose vir die grootmenswêreld het reeds begin. Gelukkig kon Celeste Cilliers die glinster van hierdie brokkie son met haar lens vasvang voordat al die kleintyd vlinders weggevlieg het — by die stukkie hemel op aarde, Shepstone Gardens.

Ek is so dankbaar dat ek hierdie hoofstuk in my lewe só kon afsluit. My matriekafskeid was werklik soos ‘n sprokie vir ‘n stadskind.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media